Wednesday, October 3, 2018

The day has been it seems, like these poems, lying between the hours of today. 

Tonight there is rain.  Tomorrow morning the birds will chirp again.  They are sleeping now.  And the sun will rise on the eastern horizon.




The following poems have been copied as it was written from books on days long gone by now.  Ok, say at most five years ago.



PLAASHEK

Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elke vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie...net
'n luggie wat
skrams aan die ritselinde
grassie vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
'n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.

Na al die jare maak ek weer
'n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by 'n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad'wee van
'n kremetart.
Die stilte in my's volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip ... Ek maak
'n hek oop in my hart.


It is called:  Swaels bo die Kamp.

SWAELS BO DIE KAMP

'n Vreemde stilte
heers in die kamp.
Die middag gloei
goud soos 'n lamp.

Die blare val.
Die winter is op hande.
Europa vergaan
in smart en skande.

Die najaar sterf
so stil, so soet.
Die kamp staan in
die ligte gloed.

Die swaels sweef
oor die kamponge.
Die wereld is
van haat verwronge.

Die kanker vreet
aan murg en bloed.
Ek wil my aan
die stilte voed...

net in my ruk
iets soos 'n kramp.
Luid in my hart
hoor ek die bomme stamp.

Oor alle grense
dreun die kanonne.
Vind ons die vrede weer?
Uit welke bronne?

Die swaels kom,
die swaels keer.
Vind ons, vind ons
die liefde weer?

Die bom slaat stad
en dorp te pletter.
Maar hier's daar swaels en
hul kwetter, kwetter...

O swaels wat
swart soos brokaat
jul wentel oor
die doringdraad,

in wye hale
pal om ons kring
terwyl jul sing
en sing en sing

asof al singende teen
die blou gewelf
julle die stem is van
die vrede self,

onthou my as
jul suidwaarts gaan
en aan die einde van
die lange baan

jul duik en skiet
en liggies swewe
oor die rooi dak
waar sy, Eulalia, lewe...

Sing dan vir haar,
sing bly vir haar
tot sy verruk,
na julle staar.

En wyl jul sag
verby haar skeer,
se ek kom weer,
ja, ek kom weer

en dat my drome
waak oor haar bed.
Gee haar, o swaels,
my teerheid net...

written in October 1942.

Monday, October 14, 2013

Die Swart Luiperd, a poem by NP van Wyk Louw

Nou stol die wereld uit die vloed
van ongebreekte luister vas
tot dowwer en aparte gloede,
en in die selmuur blink die glas,

en kom weer - soos 'n blou kristal
wat stilword in die moederloog -
'n venster uit my wit heelal:
getralie, vierkant, vas en hoog.

Ek moet my droom 'n uur verlaat,
want deur die mure hoor ek klae
die stem van een wat buite praat
en toegang tot my stilte vra.

Hoe sal jy slaap en eet en woon
- jy met jou helder wil wat kwel -
en menslik bly en geen ding hoon
in die gloeilamp van my klein wit sel?

My jammerte sal oop moet maak
-ek was 'n ligte mens soos jy,
maar 'n fraai dier het ons genaak
en sy oe sal steeds in myne bly -

my mure is soos dun glas gespan
om die skitt'ring van my aardse droom
wat knetterend tussen die wande slaan
en in die donker stene stroom.

My pad is self die ding wat trek:
hy dwing die voet om voort te gaan -
moet ek sy naam wat sluimer, wek?
durf jy nou luister en verstaan?

Ek het in die aarde vasgerank
- verby die wortels en grys lae
groeisel tot die koue bank
waar groen gesteentes in die trae

syfering van die allerkoelste
water le - en een geword
met al wat swart is, en nie voel,
en wat geslote is en wat stort.

Donker is my oe en my bloed:
ek is 'n swart gesteente, en uit
straal niks, en al wat gloed
van binne is, is toegesluit.

Deur die verlate bosse waar
geen ding in die taai liane roer,
het ons die maskers en ivoor
lang die soet en klam voetpaaie vervoer

en die ebbehout en kosbaar grys
gewaste saad van blomme wat
uit die stil en swart woudpoele rys
en nagtelik bloei en bleek en glad

tot in die vroegste voordag staan
-'n grys verrotting bo die vlak
van die koue water - en vergaan
en wegsink soos 'n nat tak;

en die swart luiperd-ding was daar
wat sku en skoon is in die woud,
en heelnag het sy oe gestaar
tussen die blou kewers aan die hout.

Die eerste nag het ek geween
toe die geel oe na my kyk:
dat al wat Goddelik is, alleen
en magteloos is en rugwaarts wyk,

en in 'n ou landskap huis
van swart rots en vroee see
waaroor die magtiger sterre kruis
en die vierstreekse winde vee.

Die tweede nag was radeloos stom:
'n wrokkende onsegbare smart
wat nerens by 'n woord kon kom,
oor die vergeefsheid van die hart.

Die derde nag het ek alleen
tot aan ons lig se grens gegaan
en in die oe soos 'n steen
bly kyk en so bly staan.

Toe't die warm woud begin marsjeer:
vuurvliee en blink ebbestamme
en kolle wat sag fosforesseer
tussen blou en dowwe blomme -

in die wond're en deursigtig-yl
opaal van daardie nag wat vlug
was alles ryp en sag en geil
soos 'n nat en oopgebarste vrug,

en kon ek weet hoe alles dwing
na saad en warmte en duisternis
en hoe ons aarde soos 'n ring
van etterende wasdom is.

Fyn was die fluit en ver simbaal:
toe't ek die lig se grens gelos,
en koud, onwegtend - soos iets val -
gestort na daardie duister bos

waar alles oog was, alles blink,
maar die aarde onder vet en koel
en gladde donker visse stink,
- tussen die varings ingespoel -.

Toe was die goue oe weg,
die fraai dier was 'n swart liaan
wat om my bene en heupe vleg
en teen my koue voorkop slaan;

en my voete het blindelings ingevlug
in daardie donkerte wat glim
soos die groen skyn van 'n gladde vrug;
bleek wortels het teen my geklim

en klam dinge uit die nag
en die water van 'n warm poel
was oor my kniee lou en sag
soos iets wat na my lendene voel.

Die groot wit blomme het geroer
en soos grys ape afgekom
en by my oe ingeloer:
boos dinge, beurtelings dier en blom.

Met die skrik van die wit gewasse
in my hare en in my brein
het ek gestruikel in diep plasse
vaqn die ryk nag wat blekerig sky,

maar waar my voet vlug, was die bos,
en waar ek val, het dit gevou
soos modder oor my, en die mos
het harig aan my kuit geklou.

Dan was die goue oe daar,
en my verwarde voete sink
vas in die water en ek staar
soos 'n stam staan, swart, en sonder dink,

- maar in my brein 'n stippel lig -
en bo-oor straal die woud verby,
en die nag stroom langs my star gesig
soos die trae wasem uit 'n vlei.

Toe't ek die eerste afgestort
in die grou valgat waarbo jy groei,
en soos 'n waterplant geword
wat rus en suig en droomloos bloei

met skoonheid waar hy niks van weet
-'n waskelk in die sagte lug
so wit en suiwer dat ons leed
'n oomblik in aanskouing vlug -
I
en ek was stil en nagtelik toe,
en soos 'n lee kamer leeg;
en eensaam kon ek luister hoe
dun slakke oor my vel beweeg.

En nog het die grys bewussyn my
na hierdie donker vergesel
en 'n dun draad, soos 'n haar, gebly
om my  met drang en vrees te kwel;

en die donkerte was sag deurskyn:
'n vaal stroom waarin visse was
en maaiers bleek en bont en klein
soos letters deur 'n waterglas.

Toe het die more wit en groot
in my twee oe opgegaan,
en deur die senuwees se dood
'n spyker van wit lig geslaan

en my opgejaag en swaar laat vlug
deur 'n nuwe en ontsettende land:
elke blaar was skraal van lig
en elke varing 'n dun brand

rondom my voete, en water was
verskriklik skoon en het gekring,
'n blink gesteente, in elke plas -
en uit die pyn wat my omring

het ek skuilte vir my oe gesoek
en deur die glans geval, getas,
soos 'n groot bont mot hom in 'n hoek
se skemering bewend vou en pas;

toe, voor my was die fraai dier
wat lenig deur die varings gly
-soos 'n swart vis in die rotspoelwier -
en my voete vinnig lei;

en nog het telkens grys en hoog
die sneeuplek van 'n steil vulkaan
van ons snel gang gestaan,

maar ons, besetenes van die jag,
het langs grou hange afgedaal
na dieper gloed as die smal skag
van die more of die yl opaal

van groeisel en verrotting gee;
my eie oe was grys juwele,
en stil en wit was alle wee
onder my donker voete, en veel

waters het weerskant geval -
en ek het afgestort en ver
bo oor my het 'n klein heelal
verskiet soos 'n aparte ster;

'n wereld het in my verstar:
plant, dier en mens - in diep swart glas
waar alles enkeld en ontwar
maar klein en mateloos glansend was -

geen ding is duister, maar hy glans
of hou sy skittering ingesluit,
en niks is dood, en alles dans
en reik na naamlose dinge uit.

NP Van Wyk Louw



DENNEBOS

Blou see van denne teen die hang -
tot op die blanke horison
die verste toppe yl word in
opaal van hoe lug en son.

'n Blou nabye heiligheid
wat tussen see en hemel staan,
waaroor die groot, mistieke dans
van vreemde stille wolke gaan.

N.P. van Wyk Louw



The following poem he wrote I find very amuzing - he must have had an amazing imagination which I like very much.

The poem is called:  Lied van die Fascistiese bomwerpers
(Aan Petronella)

Ons gons uit die blou.
Ons dreun bo die aarde.
Luister!  Luister!
Ons is die stem van die nuwe Spanje
en van die nuwe kruistog
in hierdie '37 jaar van ons Liewe Heer
in ons die wit vaandels,
die baniere, die pluime...
Ons waai op al die winde.
Ons stroom uit alle oorde.
Ons wapper in triomf
teen die blou balkonne van die lug,
bo die wit terasse van die hemel;
en ons stem is een kreet
van vreugde en oorwinning:
Lewe Christus, die Koning!

Ons is mooier as die albatrosse,
ons is witter as die seemeeue,
ons is vinniger as die mens se gedagte:
nog voor julle on sien,
as julle ons nog skaars gehoor het,
val ons skaduwee op julle,
staan ons hoog bo jul kop,
skiet ons oor jul stad
en van 'n hoogte van twee see myl
le ons ons eiers
in die goue nes van Spanje.

Ons vlerke is die van die engele,
hoor hoe ruis hulle, hoor hoe druis hulle!
Luister! Luister
hoe sing ons ons lied van liefde
hoe prewel ons ons vrome gebede.
Want ons is die rosekrans
van die biskoppe en die hoepriesters.
Ons glip deur hul gebenedyde vingers.
Geduldig ryg hulle ons uit,
tel hulle ons af
en langsaam
die een na die ander
deur die blou kalmte van die dag
val ons swart krale
af na die aarde
op die stede
en die dorpe
en die plase...
Want ons, ons is die redding,
ons is die skans, die setel,
die veilige heilige vesting
wit en hoog bo-op die berg se top.
Ons is die stem, die woord van God
wat bom en staal en lood en vlees en bloed geword het:
Lewe Christus, die Koning!

Hoor julle ons lied, hoor julle dit?
Ons vlerke druis dit,
ons motore ronk dit,
ons skroewe soem dit,
ons masjiengewere stotter dit
en ons bomme
bulder dit
soos donder wat dreun
wyd en syd
oor die aarde...
Dis 'n nuwe lied
en dis 'n ou-ou lied.
Dis die lied van die wereld,
dis die lied van die mens.
Die Pous sing saam
en al die rykes van die aarde,
die uitskot van Europa
in ons Vreemdelinglegioen
en die More uit Marokko
waarheen ons hul verdryf het
na sewe eeue van verdrukking
in die naam van die Verlosser,
en wat ons nou weer terugbring
in die naam van die Verlosser.

Hoor julle dit?  o hoor julle dit?
Hoe die lied klim en klim
hoer, al hoe hoer
soos duisende leeurike
styg na die son;
hoe dit groei en swel,
groei en swel
soos 'n koor
van siters en skalmeie,
luider, al hoe luider
tot oplaas dit die ganse hemel vul,
'n golf', 'n stroom, 'n vloed van klank
wat soos 'n wolk van wierook rol
tot teen die wit troon aan
van God, die Allerhoogste,
'n jubellied, 'n lofsang
met een aanhef slegs,
een tema,
een refrein:
Lewe Christus, die Koning!

Want ons is die sprinkaanplaag van God,
die gesel vir die ongelowiges.
O kyk na ons, kyk na ons,
hoe ryk ons is en hoe geseen:
ons staan, verheerlik, teen Sy Hemel,
Hy bekroon ons met die stralekrans van Sy lig,
silwer op ons vlerke skitter die son!
Ons kom oor die oop see,
oor die goue vlaktes en die grys sierras.
Uit die Palma de Majorca en Burgos,
uit Duitsland en Italie
swewe ons in swerms
en swart en skoon
skuif ons skaduwee
oor die grond.

O hef jul gesigte na bo
vanwaar jul hulp sal kom.
Kyk na ons! O kyk na ons
met jul wit verwonderde gesigte
waar jul sit gepak in jul trems,
waar jul loop deur die strate van jul stad,
waar jul drentel Sondagmorens
oor die pleintjies van jul dorpe in die son
of onder die koel platane
afstap langs die alamedas,
waar geskaar om die glorietas
julle stil en bedees
luister na die musiek

van die skoenmakersgilde.
Kyk na ons, kyk na ons!
Julle wat die rooi lemoene
pluk uit die boorde.
Julle wat op bruin donkies
mark toe ry deur die wit stof
van die slingerpad oor die berge.
Julle wat buk-buk gaan
al tussen die goue koring
en dan as julle ons hoor,
jul sekels half laat hang
oor die knikkende are
terwyl julle die sout sweet vee
uit jul donker oe.
Kyk na ons, kyk na ons,
sodat julle ons sien
en ons julle sien,
opdat ons julle verdelg
soos onkruid van die aarde!
Want ons, ons is die grys sekels
wat suis en wat suiwer
en die koring skei van die kaf.
Ons is die belofte en die voorspelling
en ons is die vervulling.
Ons is die verskrikking en die straf.
Ons is die vergelding en die toorn van bo,
ons is die basuin van God wat skal
luid uit die goue sale van die son:
Lewe Christus, die Koning!

Ora pro nobis...
Bid vir ons!  Bid vir ons:
dat ons afstort op die stede
soos die arende op hul prooi,
dat ons moed ons nie begewe nie,
dat ons spoed ons nie faal nie,
dat ons motore nie stok nie,
dat die afweergeskut ons nie tref nie,
dat die fabrieksfluite en- sirene
die kinders nie waarsku nie,
dat ons die vrouens nie oorval
voor hul die kelders bereik,
en dat ons die oop see haal
- waar die visse ons nie kan torpedeer nie -
voor die vliemasjiene van die vyand
mag opstyg uit die stede
soos brommers uit 'n lyk;
dat ons dan mag terugkyk
hoe die dag daar breek
bo die goue dorpies
en die wit stede
in vlamme feller, woester
as die van die rooidag.

Sic transit gloria mundi
alle vlees is gras.
Te Deum laudamus...
Laat ons bly wees!  Laat ons bly wees
dat Sy ryk nou kom,
Sy Koningkryk in die hemele,
ons Koningkryk op die aarde:
Lewe Christus, die Koning!

Stort in puin, o hospitale
en skole en klinieke.
Verteer in ons vlamme,
biblioteke en gestigte.
Ons wil julle gelyk maak met die grond
opdat 'n nuwe Spanje
opstyg uit sy as.
En julle wat arm is en nederig,
julle wat gras eet en smeek om brood,
julle wat nie kan lees of skrywe,
julle wat veg
in die sneeu en ys van Teruel,
teen die hange, kaal en koud, van die Somosierra,
in die modder van die loopgrawe voor Madrid,
op die dorre vlaktes van Extremadura,
langs die rooibruin oewers van die Guadalquivir,
in die skroeiende son bo Cordoba,
julle wat veg
vir leie en griffels,
penne en boeke,
sodat julle mag lees en skryf,
sterf, o sterwe
in jul nood en ellende
en seen ons
want jul erf:
die Koninkryk van die Hemele!
Sterf, arbeiders in jul krotte!
Sterf, gitaners in jul grotte!
Sterf, boere sonder grond,
want nou gee ons jul 'n stuk grond:
'n swart gat in die grond
ses voet by drie
as julle gelukkig is.
Sterf, demokrate, republikeine!
Sterf, anargiste, godloenaars!
Sterf, rooi gespuis!
Sterf, Katolieke
wat nie wil saamsing
in ons heilige koor nie!
Sterf, vrouens en kinders
injul duisende en tienduisende!
Sterf, saad wat nog slaap in die baarmoeders!
Lewe Christus, die Koning!

(Daar hang 'n jonkman aan die Kruis,
Hy dra 'n doringkroon.
Sy oe is droewig,
droewer as die reen,
en Sy wonde bloei aanhoudend.
Altyd sonder ophou
drup-drup Sy warm bloed
af op die wereld.
Wend julle na Hom.
Hy sal verstaan.
Hy sal vergewe....)

Sterf, toekoms!  Sterf, hoop!
Sterf, liefde en medelye!
Sterf, Spanje!
Lewe Christus, die Koning!

I find this poem actually very amuzing from someone who must have had a very good sense of humor with the situation he found himself being in.  A way to tred out of it and above it - and as Uys Krige did, with a very good sense of humor.  Describing the times he lived in.




No comments:

Post a Comment

To Seperate Right and Wrong.

 I am though glad to see that Afrikaners have decided to be law abiding. The Groblersdal event is cherrying their ideals. Pitching at t...